Oor ons

Baie welkom by die tuiste van Buffelsfontein Brandewyn. Hier sal niemand jou oordeel omdat jy meer pens as mens is, raserige pelle het of glad nie ‘n groepering kan skiet op 100 meter nie. Hier aanvaar ons jou nes jy is.

JY IS ‘N MAN

Jy klim berge en jy brandmerk beeste. Jy vang vis met dinamiet en jy drink bier uit ‘n gedroogde ratel skrotum. Jy jag en maak vuur en moor inbrekers met jou kaal hande. Jy is lief vir drie dinge; jou ma, jou bakkie en jou baard. Daarom koop jy sjokolade vir jou ma, diesel vir jou bakkie en Buffelsfontein Baard-olie vir jou baard.
Ons olie sal jou baard so majestueus laat lyk, dat leeus in die wildtuin sal ween van jaloesie. Tawwe Tienies se onderlippe sal begin bewe as jy verbystap. Tengerige tieners sal hulle rugbybroekies natmaak as jy praat. Astertjies sal bloos as jou ken-kuif in die wind wapper. Jou vorstelikheid sal die volke verstom.

Bederf iemand anders, jou rowwe bliksem!

Soms in die lewe gaan dit nie alles oor jou nie, en dit is jou beurt om iemand anders te bederf. Bederf iemand anders en kry die perfekte Buffelsfontein geskenk wat sal seker maak selfs jou skoonma jou sal wil terugnooi.