Buffelsfontein Vleisprodukte

Buffelsfontein se nuwe vleisprodukte

Buffelsfontein bring rowwe bederf na ‘n splinternuwe reeks vleisprodukte. Ons hoë kwaliteit, Suid-Afrikaanse, premium vleis is nou beskikbaar vir jou rakke.

Ons reeks sluit tans die volgende produkte in:

  • Buffelsfontein Kyalami Salami – voor jy jou oë kan uitvee is alles klaar. Geurige salamistokkies perfek vir padkos, rugby kyk of ‘n “linertjie” voor die eerste bier.
  • Buffelsfontein Dors Wors – Pepperoni stokkies wat jou dors maak vir ‘n koue. Growwe tekstuur, met ‘n heerlike brandrissie-smaak om mee af te rond.
  • Buffelsfontein Plat Pietie(Koue produk) – Groter as normaal patties vir die heerlikste burgers, of soos ons dit noem; Frikkadelbederfies.
  • Buffelsfontein Rooinek Wors(Koue produk) – Effens dunner as boerewors, maar dikker as skaapwors. Hierdie wors, saam met gebraaide uie, is kuns op ‘n broodjie. 

(Koue Prokukte slegs beskikbaar by groothandelaars en nie aanlyn nie.)

Bekendstelling en beskikbaarheid:

Hierdie vier Buffelsfontein produkte is nou beskikbaar vir bestelling. Maak dit vandag deel van jou reeks. Ons stel dit binnekort bekend aan Suid-Afrika.

Verspreiders en handelaars welkom! Ons nooi alle verspreiders en groothandelaars uit om saam met ons hierdie produkte legendes te maak.

Kontak ons gerus vir pryse, minimum bestellings, voorbeelde en beskikbaarheid.

Stuur gerus 'n e-pos na: vleisprodukte@baard-olie.co.za