



JY VERDIEN DIT OU MAAT
Die Grootwildjagter Baard-olie

Die Grootwildjagter is spesifiek gemaak vir die man wat daarvan hou om sy eie vleis in die veld te gaan haal. Ons voeg ’n mildelike hoeveelheid sitronella by, om die vlieë bedags en die muskiete snags, van die jagter se manjifieke maanhare en gevreet af weg te hou. Die reuk herinner aan vervloë dae se visvang ekspedisies saam met jou pa en ooms wat heelaand langs die vuur sit en absolute nonsens praat. Baie belangrik: Die Grootwildjagter skrik slegs insekte af. Dit doen niks aan kwaai buffels, bronstige ratels, hondsdol kiewiete of waansinnige eks-vrouens nie.

Die Grootwildjagter Baard-olie
AanbodprysR172