WAT ELKE MAN MOET WEET VOLUME 1

AanbodprysR365

Wat het die geskiedenis van die AK-47, die herkoms van Grigori Raspoetin en die gevaar van n poep inhou in gemeen? Dit is enkele van die temas wat Meyer le Roux in dié boek takel. Geïnspireer (en duidelik ook getraumatiseerd deur die handleiding Wat elke seun moet weet, het Meyer besluit om 'n hele rits onderwerpe te identifiseer wat hy reken elke man van kennis moet dra.
Die boek is meer as net interessanthede wat iou intellektueel kop en skouers by jou vriende by die braai sal laat uitstaan. Dit bevat ook belangrike inligting oor gevaarlike ideologiese oortuigings soos kommunisme, hoeveel lewens dit geëis het en waarom dit nog nêrens doeltreffend toegepas is nie.
Die lekker van die boek is dat Le Roux se belangstelling nie tot een onderwerp beperk is nie en sal jy heerlike leesstof oor tenks van die Tweede Wêreldoorlog, bees produksie en, natuurlik, ook brandewyn teëkom.
Die boek sal nie net jou algemene kennis verryk nie, dit sal ook jou met waardevolle stof tot nadenke laat. En op die heel minste sal jy na die lees van die boek, een van die mense wees wat weet wie Thomas Young was.
James Kemp (joernalis en tans die stasiebestuurder van Pretoria FM)