DoringKosie olie

Gewone prysR240 VerkoopprysR168
Spaar R72

Min mense weet dat die storie van Doringrosie eintlik sy oorsprong in die Gamtoos vallei het. Die storie word daar vertel van Kosie Diedericks, wat een aand by die Patensie buiteklub ‘n onortodokse hoeveelheid dennebol-mampoer by sy gulsige keelgat afgegooi het. Daarna het hy in sy dronke stupor die veld in gewandel en onder ‘n doringboom aan die slaap geraak. Sy nooi, Amanda, was ‘n stewige dame wat van tweede porsies en sweet gehou het. Sy was boonop so lank, dat sy eende kon jag met ‘n hark. Soos ‘n Calvinistiese metgesel betaam, het Amanda haar beminde gaan soek en hom onder die boom aangetref. Uitasem het sy vir hom gefluister: “Grawe in vir my, Baberbekkie” en hom gekus. Kosie het wakker geword, diep in Amanda se oë gekyk en gesê: “Sanet, ek het jou gemis my ou ploegskaartjie”. Nodeloos om te sê was Amanda nie vreeslik dik van die lag nie en het vir Kosie net daar, onder die boom, tussen haar allemintige boesems versmoor.

Ons nuwe geur is ‘n ode aan Kosie. Met geure van soet amandel en vanielje sal hierdie olie jou baard so welig laat groei soos die Kalander se hoogste takke.

Slegs beskikbaar in Suid-Afrika

GRATIS VERSENDING OP BESTELLINGS VANAF R2500

E-pos: praatmetons@baard-olie.co.za

Ondersteuningslyn: +27 (63) 697-4042

Customer Reviews

Based on 1 review
100%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
J
J.V.
Knap gedaan

Werklik die enigste reeks olie wat ek will gebruik

Vriende Van Buffelsfontein

Veelgestelde Vrae

Deel Produk