



Een ons Buffelsfontein Silwerronde
AFLEWERING MAG DALK LANGER NEEM AANGESIEN DIE RONDES VERSEND WORD VAN 'N BEVEILIGDE PERSEEL - 'N VASTE AFLEWERINGSFOOI VAN R80 IS BETAALBAAR.
Die een ons Buffelsfontein silwerronde is vervaardig uit 99.9% fynsilwer. Dit weeg 31.107 gram en het ‘n deursnee van 38 millimeter. Die voorkant beeld die Buffelsfontein handelsmerk uit soos dit in 2015 ontwerp is deur Mark Eybers, maar met baie meer detail en versierings. Die gravering sluit die woorde “EEN ONS FYNSILWER 999.9” en “BUFFELSFONTEIN SEDERT 2015” in. Die agterkant is ontwerp deur Meyer le Roux en beeld die twee stigters en eienaars van Die Buffelsfontein Groep uit.
Die ronde kan gekoop word in ‘n plastiek kapsule en fluweel trekkoordsakkie, in ‘n swart boksie of in 'n hout boksie. Elke ronde sluit ‘n egtheidsertifikaat in.






