Ons Versamelings
Topverkopers
JY IS ‘N MAN
Jy klim berge en jy brandmerk beeste. Jy vang vis met dinamiet en jy drink bier uit ‘n gedroogde ratel skrotum. Jy jag en maak vuur en moor inbrekers met jou kaal hande. Jy is lief vir drie dinge; jou ma, jou bakkie en jou baard. Daarom koop jy sjokolade vir jou ma, diesel vir jou bakkie en Buffelsfontein Baard-olie vir jou baard.
Ons olie sal jou baard so majestueus laat lyk, dat leeus in die wildtuin sal ween van jaloesie. Tawwe Tienies se onderlippe sal begin bewe as jy verbystap. Tengerige tieners sal hulle rugbybroekies natmaak as jy praat. Astertjies sal bloos as jou ken-kuif in die wind wapper. Jou vorstelikheid sal die volke verstom.
Bederf iemand anders, jou rowwe bliksem!
Soms in die lewe gaan dit nie alles oor jou nie, en dit is jou beurt om iemand anders te bederf. Bederf iemand anders en kry die perfekte Buffelsfontein geskenk wat sal seker maak selfs jou skoonma jou sal wil terugnooi.
Ons Buffel van ‘n bakkie is die eerste van twee wat vir ons toegerus is deur Wildog accessories.
Lees MeerDrankwinkel
Het jy 'n vraag? Ons is hier om te help
Kyk na die mees algemene vrae wat ons kliënte gevra het
Kan ek alkoholiese produkte van julle winkel bestel?
Ja, ons bied ‘n verskeidenheid alkoholiese dranke aan. Om drank deur ons te koop, moet jy die wettige drink ouderdom in Suid-Afrika wees, en jy kan tydens die betalingsproses verplig wees om jou ouderdom te bevestig.
Watter betalingsmetodes aanvaar julle?
Ons aanvaar verskeie betalingsmetodes, insluitend krediet- en debietkaarte, en ander aanlyn betalingsopsies. Jou betalingsinligting word altyd veilig gestoor.
Wat is julle terugbetalingsbeleid?
Kliek hier om ons terugbetalingsbeleid te sien.
Kan ek my bestelling na plasing volg?
Beslis! Sodra jou bestelling bevestig en versend is, sal jy ‘n volgnommer ontvang. Jy kan hierdie nommer gebruik om jou bestelling te volg.
Wat is die wettige ouderdomsvereiste om alkoholiese produkte van julle winkel te koop?
Die wettige drinkouderdom in Suid-Afrika is 18 jaar oud.